0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (12)
  • R250 - R500 (10)
  • R500 - R1,000 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 26 matches in All Departments

Misverstand (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Misverstand (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver 2
R300 R240 Discovery Miles 2 400 Save R60 (20%) Ships in 11 - 16 working days

Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine – miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink ’n swartgallige Willem.

Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder ’n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, ’n jong man wat sy pa skaars ken.

Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, ’n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is dié Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars.

Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. ’n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.

Die Mooiste Sprokies Van Grimm (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Marita van der Vyver Die Mooiste Sprokies Van Grimm (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Marita van der Vyver
R420 R361 Discovery Miles 3 610 Save R59 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wêreld heen.

Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel ’n persoonlike keur saam van veertig van die Grimmbroers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie, Die wolf en die sewe bokkies, Die musikante van Bremen, Klein Duimpie, Die Paddaprins, Raponsie en Sneeuwitjie, asook minder bekende sprokies soos Die ganswagtertjie, Beervel, Die goue voël en Ysterhans. Die internasionaal bekroonde kunstenaar Piet Grobler se onweerstaanbare illustrasies skenk nuwe dimensie aan ’n skatkis van magiese verhale wat oud en jonk sal betower. 'n Herdruk in sagteband.

Laaste Kans (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Laaste Kans (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) In Stock

’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se sewentigste verjaarsdag te vier.

Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis in die Weskus. Sommige bring hul kinders en die uitbundige gelag van kleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party lewensmaats en drome vaarwel groet; ander het nuwe liefde en betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie.

Laaste kans is ’n hoogs leesbare roman oor vriendskap wat die tyd deurstaan het. Marita van der Vyver skryf met haar kenmerkende insig en humor oor ontheemde mense, die komplekse verhouding tussen ouer en kind, en die eise wat die tyd aan menswees stel.

Still Breathing (Paperback): Marita van der Vyver Still Breathing (Paperback)
Marita van der Vyver 2
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 4 - 8 working days

For the first time in twenty-five years, a group of friends gathers to celebrate Adriaan’s seventieth birthday.

One by one, the guests arrive at Adriaan and Yvette’s beach house on the West Coast. Some bring their children and the exuberant laughter of their grandchildren with them. In the years since they last saw each other, some have had to say goodbye to life partners and dreams; others have found new love and meaning. And then there’s Yvette, who can’t yet bring herself to tell everyone about her journey.

Still Breathing is a highly readable novel about friendships that have endured through the years. Marita van der Vyver writes with her characteristic wit and flair about people who have been displaced, the complex relationship between parent and child, and the toll that time takes on being human.

'n Baie Lang Brief Aan My Dogter (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver 'n Baie Lang Brief Aan My Dogter (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R385 R331 Discovery Miles 3 310 Save R54 (14%) Ships in 4 - 8 working days

’n Baie lang brief aan my dogter is Marita van der Vyver, een van Afrikaans se mees geliefde skrywers, se ontroerende jeugmemoir. Dit is 'n speurtog deur die skrywer se beginjare, maar dit is ook ’n liefdesbrief aan ’n dogter en ’n taal en ’n land. En bowenal is dit ’n ma se poging om sin te maak van hierdie onverskillige en wrede wêreld waarin sy haar nou begewe.

Grensgeval (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Grensgeval (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R300 R240 Discovery Miles 2 400 Save R60 (20%) Ships in 11 - 16 working days

Die brief wat Theresa tussen haar eksman Theo se besittings ná sy dood ontdek, skeur haar lewe oop. Jare lank het sy haar rug op Theo gedraai, ’n man wat sy laaste twee dekades in ’n inrigting moes deurbring. Só ook het sy die land se verlede weggestoot, die tyd toe tienerseuns gestuur is om aan die grens te veg – ’n plek en ’n oorlog waarvan mense tuis bitter min geweet het. Vir Theresa self was dit ’n tydperk van eerste liefdes, disko’s en vakansies by die see.

Theresa besef gou die brief is deur ’n Kubaanse soldaat aan sy kind geskryf – iemand wat, indien hy of sy nog leef, nou minstens veertig jaar oud sal wees. Theresa weet in haar siel sy moet Kuba toe: om die soldaat se kind te soek, om die brief te besorg, om boete te doen vir Theo se dade en vir haar eie onkunde.

In swoel, afgeleefde Kuba, tussen kleurryke motors uit die vyftigerjare en geurige sigaarrook, word Theresa se soektog intiem vervleg met die lewens van mense wat in Angola as “die vyand” gebrandmerk is. Só ontrafel sy wat dit beteken het om groot te word in die Suid-Afrika van daardie tyd.

Die Hart van ons Huis - 'n Skrywer in Provence (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Die Hart van ons Huis - 'n Skrywer in Provence (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R385 R331 Discovery Miles 3 310 Save R54 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Lesers sal met 'n lusbek aankom na hierdie boek, Die hart van ons huis, waarin Marita van der Vyver vertel van haar lewe in Provence. Hulle sal een lang somervakansie onder 'n Van Gogh-son verwag – en dan gaan sy hulle op die mooiste, menslikste manier ontluister: dit word 'n gewone verhaal van gewone mense in 'n gewone huis. Met die lief en leed wat ons almal binne 'n gewone gesin goed ken – en tog bly dit alles so glamorous!

Hier is 'n proeseltjie, want dis 'n boek om op te eet!

Liewe leser, laat ek myself voorstel:

Eintlik is daar verskeie maniere om dit te doen. As ek ’n illusie van romantiek wil skep, kan ek sê ek is ’n Afrikaanse skrywer wat op ’n Middeleeuse dorpie in die suide van Frankryk woon. As ek ’n stylvolle indruk wil wek, kan ek sê ek woon in ’n Provençaalse kliphuis met persblou hortjies, pienk rose en laventel voor die kombuisvenster, ’n enorme ou plataanboom langs die hek. Maar as ek eerlik wil wees, moet ek sê ek is ’n moeë huisvrou met ’n te groot gesin wat in Kerkstraat woon. Dat jy nou só ver moes reis, soos my vriend Michiel meewarig opmerk, net om in Kerkstraat te eindig.

Dis seker maar waarvoor mens vriende het. Om jou op jou plek te hou. En deesdae is my plek inderdaad Kerkstraat. Dit klink miskien meer eksoties in Frans – Rue de l’église – maar dit bly ’n straat met ’n kerk op ’n plattelandse dorpie. Elke plattelandse dorp, in Frankryk soos in Suid-Afrika, het ’n Kerkstraat. Gelukkig het elke Franse dorp nie ook ’n Voortrekkerstraat nie.

Ons is ses wat in die kliphuis woon: ek en my Franse man, Alain, en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien. Syne, myne, ons s’n. Sy twee seuns, Thomas en Hugo, woon nie al 365 dae van die jaar hier nie. Maar as jy al die naweke, die vyf korter skoolvakansies en die láng somervakansie van meer as twee maande bymekaar tel, is hulle omtrent die helfte van die tyd hier. My seun, Daniel, maak vanjaar klaar met laerskool hier op die dorp en begin binnekort met collège (middelbare skool) op ’n groter dorp. En ons dogter, Mia, het laas jaar by die babaklas van die plaaslike skooltjie ingeval.

Hulle sê iewers deur die middel van Europa loop ’n onsigbare lyn. Die mense wat bokant die lyn woon, is groot en blond en kook met botter. Dié wat onder die lyn woon, is klein en donker en kook met olyfolie. Ons woon in die olyfolie-helfte van Europa – en ons kook alles met olyfolie, behalwe frites – maar ons lyk nie soos olyfolie-mense nie.

Ek en die elfjarige Daniel is groot en blond. Mia is op die oomblik nog klein en blond, maar klaar langer as die meeste van haar klasmaats. Alain en Thomas het donker hare, maar nie een van hulle is juis klein nie. Hulle lyk ook nie of hulle rêrig hier hoort nie. Thomas die Tiener het die langste hare op die dorp, en nou praat ek van manlike én vroulike hare. Sy welige poniestert hang ver onder sy blaaie. Hugo, dieselfde ouderdom as Daniel, is waarskynlik die naaste wat ons gesin ooit aan die Mediterreense voorkoms sal kom. Klein met donker hare en donker oë. Maar hopeloos te bleek om as ’n inheemse spesie beskou te word.

Dis ons. Maar dis nie al nie. In die somer word ons getalle op ’n daaglikse basis aangevul. Provence in die somer is soos Stilbaai in Desember, groot pret vir vakansiegangers, minder pret vir permanente inwoners. Laas somer het ons drie maande lank elke enkele nag oorslaapgaste gehad. Soms tot vyf, ses op ’n slag. Saam met ons ses gesinslede, die tienderjarige Neef uit die Noorde wat elke somer hier deurbring, en Daniel se maats wat soos potplante voor die Playstation in sy slaapkamer rondhang, beteken dit gróótskaalse etes elke dag. Kos soos vir ’n kerkbasaar. Maaltye vir minstens vyftien mense op ’n slag. Nee, maak dit twintig, want die drie seuns, die Neef en die maats eet elkeen soos drie normale mense. Hulle kan dit nie help nie, hulle is op daardie ouderdom.

O ja, en dan het Mia nog ’n onsigbare dubbelganger met die naam van Heloïse wat op mure teken, met water mors, met die TV lol; kortom, as daar kattekwaad aangevang is, kry Heloïse die skuld. Heloïse eet goddank net onsigbare kos. Ek noem haar naam hier bloot om latere verwarring te vermy.

Gelukkig hou Alain van koskook. Gelukkig is hy die soort kok wat met drie uie en ’n wortel ’n pot sop vir twintig mense kan optower. Ek het ook geleer om van koskook te hou (wat anders kon ek doen?), maar ek háát alles wat daarmee saamgaan. Die inkopies voor die tyd, die skoonmaak na die tyd, die skottelgoed, die skottelgoed, die skottelgoed.

Dis ons. Dis nie so erg soos dit klink nie. Aangename kennis.

Wegkomkans (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Marita van der Vyver Wegkomkans (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Marita van der Vyver
R306 Discovery Miles 3 060 Ships in 4 - 8 working days

Yvette, Paul, Mila, Emma, Adriaan, Liane, Max, Bobby, Ralph, Philip: Tien karakters wie se verhouding in Wegkomkans oor ’n tydperk van tien jaar eb en vloei soos die getye van die see wat telkens die agtergrond vir hulle “wegkomkanse” vorm.

Vanaf die politieke noodtoestand in die jare tagtig tot die demokratiese bevryding in 1994: Dié vriendekring se samesyn bly die konstante in ’n andersins veranderende wêreld waarin die ontnugterings en teleurstellings van die werklikheid soms met niks anders as goeie kos, goeie wyn en ’n stewige skeut selfspot getemper kan word nie. Soos hulle jeugdrome vervorm en hulle naïewe optimisme oor die lewe verdof, groei en verander die vriendskap. Verhoudings kom en gaan, ouerskap word ’n al hoe prominenter onderwerp van bespreking, die jeugdige passie oor ’n “nuwe” Suid-Afrika word ’n neutraler, meer besadigde gelatenheid oor wat nié verander kan word nie.

“Verlore liefde tussen twee mense,” verklaar een van die karakters, “kan so tragies wees soos verlore menseregte vir miljoene.” Uiteindelik is dit vriendskap wat die aanslag van tyd en trauma deurstaan; wat ’n skans teen verlies vorm.

Die nuwe Slotwoord tot hierdie roman, skryf Marita van der Vyver: “Hierdie roman, so vertel hulle my, kan ’n nuwe geslag lesers help begryp hoe Afrikaanse stedelinge in die laat jare tagtig en vroeë jare negentig, tussen die laaste stuiptrekkings van die Ou Suid-Afrika en die skrikwekkende geboortepyne van die Nuwe Suid-Afrika, dit reggekry het om op die rand van ’n afgrond te bly dans.”

Wegkomkans bied op hoogs vermaaklike dog erg simpatieke wyse insig in Suid-Afrikaners se versugtinge en ontnugterings – wat byna 20 jaar nadat die teks oorspronklik verskyn het nog net so relevant is soos destyds.

Griet skryf 'n sprokie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Marita van der Vyver Griet skryf 'n sprokie (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Marita van der Vyver
R380 R327 Discovery Miles 3 270 Save R53 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Griet skryf 'n sprokie is die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame, kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in 'n gasoond druk. 'n Dooie kakkerlak in de oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon. As terapie raak haar shrink haar aan om oor haar ervarings te skryf. En só kry die storie van Griet gestalte, 'n storie van seerkry en woede, maar verlig deur haar onvernietigbare sin vir humor.

Moet Ons Waai? - Om Te Emigreer Of Nie: 20 Meningsvormers Sê (Afrikaans, Paperback): Alet Law Moet Ons Waai? - Om Te Emigreer Of Nie: 20 Meningsvormers Sê (Afrikaans, Paperback)
Alet Law; Marita van der Vyver, Nathan Trantaal, Bouwer Bosch, Melanie Verwoerd, …
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) In Stock

Die debat oor emigrasie is so oud soos Suid-Afrika se demokrasie self. Toe die “nuwe Suid-Afrika” in 1994 aangebreek het, het talle mense die land verlaat uit vrees vir wat ‘n meerderheidsbewind sou inhou. Nog meer het in die jare sedertdien getrek opsoek na ‘n beter lewe en Suid-Afrikaanse gemeenskappe is nou in plekke soos Kanada, Engeland en Australië te vinde.

Vandag, 25 jaar ná demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Hierdie keer word dit nie net in reaksionêre kringe gevoer nie, maar om die eetkamertafels van meerdere Suid-Afrikaners.

Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale ekonomie bied, vra al hoe meer mense, “Moet ek waai?”

In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan Jansen, hierdie vraag. Dit is poging tot insig oor ‘n kwessie wat swaar weeg op ons kollektiewe psige, en ‘n uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners waar ook al hulle hulself mag bevind.

Die  Dinge Van 'n Kind (Afrikaans, Paperback, Nuwe Boekomslag): Marita van der Vyver Die Dinge Van 'n Kind (Afrikaans, Paperback, Nuwe Boekomslag)
Marita van der Vyver
R365 R279 Discovery Miles 2 790 Save R86 (24%) Ships in 4 - 8 working days

"Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun he langs die pad. "Met die woorde lei die mooi, rebelse Dalena haar nuwe vriendin, Mart, 'n wereld in waaroor ordentlike tienermeisies net in die donker fluister. So begin 'n inisiasieproses wat met opwinding, maar ook met ontnugtering en pyn gepaard gaan. Die dinge van 'n kind is ’n onthutsende eerlike boek oor die begin van vrouwees, en die verlies van onskuld op seksuele, politieke en morele vlak.

Swemlesse vir 'n meermin (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Swemlesse vir 'n meermin (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R235 R202 Discovery Miles 2 020 Save R33 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In Swemlesse vir 'n meermin skryf Hanna 'n lewensgids vir haar sussie Ariel (wat aan die einde van die treffer die ongelooflike avonture van Hanna hoekom gebore is) wat die moet lees as sy eendag dertien is. Die lewensgids word soms ook 'n joernaal of vertelling van die vyftienjarige Hanna se lewe terwyl sy die gids skryf, en spesifiek Hanna se kennismaking met haar stiefbroer Yann se vriend Benjamin, op wie sy verlief raak.

Time Out (Paperback): Marita van der Vyver Time Out (Paperback)
Marita van der Vyver
R229 R188 Discovery Miles 1 880 Save R41 (18%) In Stock

Time out is an interesting thematic development in the novels of Marita van der Vyver. She had previously investigated the themes of love and being together (eros), and then she worked with the death of a mother-in-the-text. Now she describes the devastating effect of the death of a little daughter on the mother-in-the-text. She delves further into death's reach (thanatos). And though the Hester Human of the title exists in the spell of her child's death the whole time - in a way she is her child too - it is not a sombre title.

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Marita van der Vyver Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Marita van der Vyver
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hanna het 'n ongelooflike verbeelding en sy is boonop baie slim. Dis waarom sy so baie vrae vra en dis hieroor dat sy die bynaam 'Hanna Hoekom' kry. Op 'n dag besluit haar eksentrieke ma dat die hele familie saam moet vakansie hou in 'n ou huis in die berge, waar die hele familie gestrand raak. Dis seker nie so erg nie, maar Hanna Hoekom se familie sluit in 'n gay biologiese pa, 'n stiefpa wat 'n akteur is, twee stiefbroers en 'n irriterende klein half-boetie!

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R243 R209 Discovery Miles 2 090 Save R34 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Eenkantkind: (11-14) (Afrikaans, Paperback, Reissue): Marita van der Vyver Eenkantkind: (11-14) (Afrikaans, Paperback, Reissue)
Marita van der Vyver
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Eenkantkind is 'n sensitiewe grootwordstorie en een van Marita van der Vyver, bekende skrywer van Griet skryf 'n sprokie, se heel eerste boeke. Vir Jana voel alles net verkeerd - haar gesig, haar neus, haar nuwe lang, maer meisielyf. Boonop het haar ma weer getrou na haar pa se dood en nou is dinge nie meer dieselfde by die huis nie. Gelukkig is daar mense in die wereld soos ouma Ella met haar oranje hare en bloedrooi lipstiffie.

A Long Letter To My Daughter (Paperback): Marita van der Vyver A Long Letter To My Daughter (Paperback)
Marita van der Vyver
R385 R331 Discovery Miles 3 310 Save R54 (14%) Ships in 4 - 8 working days

A Long Letter To My Daughter is award-winning South African author Marita van der Vyver's youth memoir.

An unputdownable read that weaves together both love letter, to a daughter, a language and a country, whilst tracing Van der Vyver's early years. Above all, it is a mother's effort to make sense of a world that seems increasingly senseless.

Al wat ek weet (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Al wat ek weet (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Jy’s kwaad vir die hele wereld. En jou enigste wapen is ’n rugsak vol woorde. Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En na haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil he hy moet oor sy gevoelens praat. Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het? Daarom verloor Gabriel homself in die wereld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin. In hierdie wonderwereld van woorde leer hy om sy hand diep binn-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi. Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poesie weet ... ’n Eg Suid-Afrikaanse tienerverhaal oor ’n sukkelende pa-en-seun-verhouding en die reddende krag van woorde. Van der Vyver skryf oortuigend en boeiend oor die wereld van performance poetry en die hoofkarakter, Gabriel, se pogings om na sy ma se dood sin te maak van die wilde draaie wat die lewe partykeer met ’n mens gooi. Al wat ek weet was die naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie vir 2015.

Borderline (Paperback): Marita van der Vyver Borderline (Paperback)
Marita van der Vyver
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R300 R237 Discovery Miles 2 370 Save R63 (21%) Ships in 3 - 5 working days

A letter among her deceased ex-husband’s belongings rips open Theresa’s world. For years she has turned her back on Theo, a man who spent the last two decades of his life institutionalised, and on their shared past in a country where teenage boys were conscripted to fight on ‘the Border’ in a war that those back home knew little about. Least of all Theresa, who spent her days dreaming of discos and first kisses.

Realising that the letter was written by a Cuban soldier and addressed to his child – who, if still alive, would be at least forty years old – Theresa heads for Cuba: to search for the soldier’s child, to deliver the letter, to atone in some way for Theo’s deeds and for her own ignorance.

In sultry Cuba, amid its picturesque 1950s cars and the fragrant smoke of its cigars, Theresa’s search connects her intimately with those branded ‘the enemy’ during the war in Angola as she begins to unravel what growing up in the South Africa of that time really meant.

Studiegids: Al Wat Ek Weet (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Studiegids: Al Wat Ek Weet (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver; Compiled by Dewald Koen
R130 R112 Discovery Miles 1 120 Save R18 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie gids is spesifiek geskryf vir leerders wat Afrikaans as Addisionele Taal op skool studeer. (Van der Vyver se roman is wel geskik vir 'n Afrikaans Huistaal-klas en kan met vrug deur onderwysers en leerders bestudeer word.) Die gids bevat inligting en aktiwiteite wat as hulpmiddel vir die onderwyser dien. Die daaropvolgende vrae en woordeskat sal die inhoud meer toeganklik vir veral die nie-moedertaalspreker maak. Die gids is so gebruikersvriendelik as moontlik uiteengesit om die onderrigproses te vergemaklik. Onderwysers sal gevolglik in staat wees om 'n omvattende uiteensetting van belangrike literêre aspekte in die roman vooraf aan die leerders te verduidelik wat as inleiding tot die roman sal dien. Vrae word per hoofstuk gevra met relevante woordeskat om leerders in staat te stel om die narratief beter te verstaan, maar ook hul eie Afrikaanse woordeskat in die proses uit te brei.

All I Know (Paperback): Marita van der Vyver All I Know (Paperback)
Marita van der Vyver
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

“I’m dazed and confused, and messed up too, That’s all I know, it’s tough and it’s true."

You’re furious at the world. And your only weapon is a backpack full of words.

Gabriel is fifteen years old. Fifteen going on fifty, his mom used to tease. But after her death, he’s no longer sure where he is supposed to fit in. The psychologist wants Gabriel to talk about his feelings.

But how do you explain to her that it’s been easier to cope with anger than with tears these past few months?

How do you explain the fact that your so-called “mixed blood” makes you different than everyone else at school?

How do you explain that things between you and your dad have changed since he’s in a mental institution, learning to deal with his loss, while you have to find a way to go on with your life?

How do you explain the fact that, since the accident, you’ve tried cutting your wrists ... twice?

So, Gabriel loses himself in the world of performance poetry, where he learns to stick his hand deep inside his backpack of words and fling those words at an audience, like red-hot coals. Then he meets Sasha, who’s prettier than Snow White and knows a thing or two about poetry.

A truly South African story about a struggling father-and-son relationship and the healing power of words. Van der Vyver writes convincingly and engagingly about the world of performance poetry and Gabriel’s desperate attempts to make sense of life’s challenges after the death of his mom.

Jy Sê, Ek Sê, Ons Sê (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Jy Sê, Ek Sê, Ons Sê (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Verse vir tieners deur tieners

In hierdie unieke boek is versies opgeneem wat deur hoërskoolleerders geskryf is. Marita van der Vyver, bekroonde skrywer van Al wat ek weet, het die leerders begelei tydens die skryfproses.

’n Voorbeeldversie:

Is jy regtig lief vir my?

Want jy’t nog tyd om rond te gly

Is jy regtig lief vir my?

Want jy laat my keer op keer seerkry

Is jy regtig lief vir my?

Just let me know and I’ll let you stay

Die Simpel Dinge Wat 'n Mens Mis - Gr 6 (Afrikaans, Staple bound): Marita van der Vyver Die Simpel Dinge Wat 'n Mens Mis - Gr 6 (Afrikaans, Staple bound)
Marita van der Vyver; Illustrated by Karen Senior
R103 R91 Discovery Miles 910 Save R12 (12%) Ships in 5 - 10 working days

Rimpelstories is ‘n leesprogram vir die Grondslagfase (Afrikaans huistaal), wat uit 88 aantreklike geïllustreerde storie- en feiteboekies bestaan. Die reeks is uitkomsgebaseerd met ‘n vaardigheidsbenadering as grondslag. Luister-, praat-, lees-, skryf-, taal-, leer- en denkvaardighede word op ‘n natuurlike wyse geïntegreer en ontwikkel progressief.

Die leesboeke vir elke graad is in vier vlakke ingedeel, om voorsiening te maak vir lesers met verskillende vlakke van leesvaardigheid. Daar is ook ‘n Onderwysersgids vir elke graad wat al die inligting bevat wat nodig is om die die program vir lees suksesvol te beplan en aan te bied. Die Onderwysersgidse bied ook voorbeelde van werksvelle en assesseringstabelle.

Vir Graad 1 en 2 is daar ook ‘n Handleiding vir liedjies en musiek en ‘n Oudio kassetband met musiek en sang beskikbaar, wat albei dien as versterking van die woordeskat en taalstruktuur wat in die storieboeke bekendgestel word, terwyl musiekvaardighede terselfdertyd verwerf word.

Swemlesse vir 'n Meermin (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Swemlesse vir 'n Meermin (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R600 Discovery Miles 6 000 Ships in 10 - 15 working days
Dis Koue Kos, Skat (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver Dis Koue Kos, Skat (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R723 Discovery Miles 7 230 Ships in 10 - 15 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Simba ABC Elephant Ring Rattle
 (3)
R66 Discovery Miles 660
Chicco Natural Feeling Manual Breast…
R799 Discovery Miles 7 990
Closer To Love - How To Attract The…
Vex King Paperback R360 R309 Discovery Miles 3 090
Bostik Glue Stick - Loose (25g)
R22 Discovery Miles 220
Kookaburra Quad Camp Chair (120kg)
R559 R329 Discovery Miles 3 290
Sinotec U20AT 55" LED UHD Android TV
R7,499 R4,999 Discovery Miles 49 990
Aquaman 2: The Lost Kingdom - 4K Ultra…
Jason Momoa, Patrick Wilson, … Blu-ray disc R736 Discovery Miles 7 360
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840
Dynasties - The Greatest Of Their Kind
David Attenborough DVD R33 Discovery Miles 330
Friends: The Complete Series - Season…
Jennifer Aniston, David Schwimmer, … DVD  (6)
R1,273 Discovery Miles 12 730

 

Partners